• rassie

    (English translation below) Ek luister gisteraand na Ernst Roets se gesprek met Tucker Carlson. Hy vertel die Afrikaner se storie van vervolging in Europa, die skepe Kaap toe, die Groot Trek weg van die Kaap-kolonie af, die veldslae met die Zulus, die oorloë met die Engelse, die konsentrasiekampe. Apartheid. 1994. Die ANC-regering se wanbestuur, korrupsie en ras-beheptheid. Die saak vir self-beskikking. Dis die storie van 'n groep mense se stryd om oorlewing. Ten spyte van terugslae en struikelblokke. Dikwels in isolasie. [...]